10 dae gelede
Jason smile steeds ná spinmielie-smul
GRAPJAS: Jason Darulo prank sy followers gereeld.  ~ Getty Images

JASON Derulo weet net hoe om sy fans te entertain.

Die “Talk Dirty”-sanger het sy followers na hul hart laat gryp toe hy ’n TikTok-video post waarin hy ’n mielie aan ’n draaiende boor eet.

En in die video lyk dit asof die 30-jarige sanger dan sy twee voortande chip!

Vra

Sowat 18 miljoen mense het gekyk na die video waarin die power drill vinnig draai en sy voortande wegvreet.

Die sanger het nóg ’n video ná dit gepost waarin hy sy meisie, Jena Frumes, bekommerd vra hoeveel sy dink dit sal kos om sy pearly whites weer te laat regmaak.

Maar die sanger se fans is woke en het nie vir sy poets geval nie.

Baie fans het gecomment dat hulle dink Jason skeer die gek met hulle. En dit was toe ook so.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters