7 dae gelede
Jason en gesin lyk alte Rosie
Mooi en fiks: Rosie Huntington-Whiteley, Jason Statham en hulle seuntjie, Jack.Foto: rmbi/backgrid  ~ 

ROSIE Huntington-Whiteley (32) en Jason Statham (51) bring gehaltetyd saam deur noudat hulle ’n bietjie met vakansie is.

Die verloofdes en hulle seuntjie, Jack (2), is in ’n park in Malibu gesien fietsry.

Die model en aktrise het werklik stunning gelyk waar sy saam met haar gesin rondry.

Hulle het op ’n grondpad gery met klein Jack voor op sy bekende pa se fiets. Jack het heel chill gelyk in sy blou sweetpak en baseball cap.

Rosie en Jason het in 2010 begin date. Hulle het in 2016 verloof geraak. Die model het in Junie 2017 die lewe geskenk aan Jack. Dis hulle eerste kind.

Jason is eersdaags te sien in die Fast and Furious spin-off Hobbs & Shaw.

Die Britse blondine het in 2015 in die reboot Mad Max: Fury Road gespeel. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters