2 maande gelede
Jarrad se nuwe single is uit
Old school: Jarrad Ricketts reik vandag sy song “Thinking about” uit. Foto: instagram  ~ 

ONS kan almal lekke’ saam jol op Jarrad Ricketts se nuwe single.

Die Kaapse sanger se nuutste song, “Thinking about”, word vandag uitgereik.

En as dit klink soos sy vorige twee hits – “New Life” en “Take Me to Your Heart” – is ons in vir ’n ding.

Die plaaslike radiostasies kon nie uitgespeel raak aan dié twee songs nie en hulle het blitsvinnig geklim.

Jarrad sê trots die meeste van sy songs is feel-good anthems wat oor die liefde gaan. “Thinking about” gaan ook oor iemand wat ’n nuwe crush vir die eerste keer sien, dan wil hulle die crush vertel hoe hulle voel.

Die boorling van Athlone wei uit hy het met dié song gemik na ’n soort old-school feeling.

“As mense die song hoor, moet dit hulle terugvat na die dae toe hulle in die kar gesit en dans het voordat hulle club toe gaan. Dit moet hulle terugvat na die dae van 3T en New Kids On The Block. Daai lekker old-school music, man.

“Ek wou ’n fun song skep met ’n onskuldige storie.”

Jy kan Jarrad se song op alle aanlyn platforms kry, insluitend Spotify, iTunes en Google Play.

En dis nie al nie, die sanger-liedjieskrywer het ook laat val hy gaan binnekort sy eerste album uitreik!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters