3 dae gelede
Jake is ’n villain in ‘Spider-Man’
skurk: Jake Gyllenhaal vertolk die rol van Mysterio in die nuwe Spider-Man-fliek. Foto: movienewz.com  ~ 

JAKE Gyllenhaal gaan uiteindelik in ’n super hero movie te sien wees.

Hy is egter nie die hero nie. Hy is die skurk.

Die 37-jarige akteur het op Instagram laat weet hy het ’n rol in ’n opvolg van ’n Spider-Man movie. Hy is Mysterio in Spider-Man: Far From Home.

In ’n clip op Instagram lees Jake ’n comic met die titel The Return of the Man Called Mysterio.

Hy sê in die onderskrif van die clip hy besef nou eers hy vertolk nie die rol van Spider-Man nie.

Tom Holland vertolk die rol van Peter Parker, oftewel Spider-Man.

Dié keer toer Peter en sy vriende in Europa en hy moet sy pelle uit Mysterio se kloue red. Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters