15 dae gelede
Jackie bied beloning aan vir entstof
Jackie Chan
Jackie Chan.  ~  Getty Images

JACKIE CHAN het na bewering $140 000 (R2 miljoen) aangebied as beloning vir die persoon wat ’n entstof vir die koronavirus ontwikkel.

Die koronavirus, wat sover meer as 40 000 mense besmet en meer as 900 lewens geëis het, het vinnig wêreldwyd versprei.

Die 65-jarige het onlangs belowe om sy ondersteuning te gee.

"Ek het nou ’n naïewe idee. Maak nie saak watter individu of organisasie die teenmiddel ontwikkel nie, ek wil hulle met een miljoen yuan bedank. - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters