5 dae gelede
Is Travis ’n two-timer?
travis se alles: Kylie Jenner se berk het glo net vir haar oë. Foto: getty images  ~ 

KYLIE JENNER se rapper berk is nie ’n joller nie.

Travis Scott het sy gat lekker opgeruk vir skinderbekke wat sê hy cheat op sy baby momma.

Ek sien op E! iemand het Maandag ’n foto op Instagram gepost van ’n ou en ’n meisie wat lekker vryerig is.

’n Mens kan nie hulle gesigte uitmaak nie, maar mense glo dis die rapper wat rondloop.

Klein Stormi se derra het sommer op IG gespring en ál die skinderbekke se monde gesnoer.

Hy laat weet: “Ek sien die trolls werk hard vandag.

Liefde

“Ek is nie op balconies met enige los meisies nie. Probeer weer, julle trolls. Ek en my wifey is stand­vastig.”

In nóg ’n comment prys die rapper van “Stargazing” die jongste en rykste Kardashian.

Hy skryf: “Ek het net liefde vir my vrou. Ek het nie tyd om te mors nie. Dink weer.”

Kylie se berugte hubby het later ook ’n nota op sosiale media gepost.

“Trolls maak vals stories op om egte liefde te vernietig,” skryf hy.

Ek glo Travis, want as my significant other ook byna ’n billionaire was, sou ek nie sommer jolgedagtes gekry het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters