18 dae gelede
Invloedryke Tyler kry sy eie ster
HOERA! Tyler Perry is vereer met ’n ster op die Hollywood Walk of Fame.Foto’s: GETTY IMAGES  ~ 

JULLE, Tyler Perry het eindelik sy ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.

Van die bekroonde akteur en vervaardiger se tjommies in die bedryf soos Idris Elba, Kerry Washington en Crystal Fox was daar om die groot oomblik met hom te deel.

Die ster, wat ons al baie lagsessies en harde lesse met sy movies gegee het, het hierdie baie spesiale event ook met sy fans in die sosiale media gedeel.

Studio

Hy skryf: “So, ek het ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.

“Dankie aan die chamber. Ek is so dankbaar.”

Het julle geweet dat Tyler Perry sy eie massiewe studio in Atlanta het en dat hy deesdae beskou word as die invloedrykste swart man in die filmbedryf?

Hy het deure opgemaak vir baie swart akteurs soos Taraji P. Henson.

Idris Elba is veral dankbaar vir wat Tyler vir swart mense in die bedryf doen omdat hy stereotipes afbreek.

Idris het by die geleentheid gesê hoe bly hy is dat Tyler dit moontlik maak vir swart mans om iets anders as die gewone drug dealer in movies te speel.

Hier het hy verwys na sy rol in Tyler se movie Daddy’s Little Girls.

“Daai rol het nie net my loopbaan verander nie, maar dit het ook die manier verander waarop swart mans ge-cast word.

“Ons is pa’s. Ons is mans. Ons is mense.

“Ons is nie nét merts nie. Ons is nie nét misdadigers nie,” het hy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters