3 dae gelede
Idris en vroulief stap die corona-pad saam
NIE ALLEEN NIE: Idris Elba se vroutjie, Sabrina Dhowre, is ook positief getoets vir Covid-19.  ~ Getty Images

IDRIS Elba se vrou, Sabrina Dhowre, is ook positief getoets vir Covid-19.

Ek is nie eens verbaas nie, want ons weet die virus is hoogs aansteeklik en sy’t laas week omtrent aan manlief gehang in die video waarin hy aangekondig het hy is besmet.

Sabrina het saam met Oprah Winfrey hieroor gepraat.

Sy het gesê sy’t geweet sy loop die risiko dat sy die virus het of kan kry, maar sy het verkies om eerder saam met haar hubby in self-isolation te wees.

“Ek wou saam met hom wees.

“Dit is die instink van ’n vrou. Jy wil immers jou man versorg.”

Ek sien op NBC News die medici het Sabrina aangeraai om eerder nie saam met haar man te wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters