20 dae gelede
Idris dolverlief op sy Sabrina
kansel toe: Idris Elba en Sabrina Dhowre het in April getrou. Foto’s: getty images  ~ 

TOE Idris Elba sy vrou, Sabrina Dhowre, vir die eerste keer onder oë kry, was hy onmiddellik verlief.

Die egpaar, wat in April in Marokko voor die kansel gestaan het, is op die voorblad van Vogue se Julie-uitgawe.

Hulle het aan die tydskrif vertel dat hulle in 2017 by ’n jazz bar in Vancouver ontmoet het waar die akteur aan The Mountain between Us gewerk het.

Die aantreklike akteur vertel: “Ons is sedertdien onafskeidbaar.

“Dit is cool om verlief te raak terwyl jy ’n movie skiet oor verlief raak.

Vriende

“Jy weet, ek word 47, ek was al getroud en het ’n vol lewe gelei voordat ek Sabrina ontmoet het. Om weer te trou, is nie iets wat ek wou doen nie, maar ...”

Die twee het in 2018 in Londen verloof geraak toe hulle ’n screening bygewoon het.

Hy sê sy nuwe vrou bring hom nader aan sy vriende.

“Sabrina het sterk vriendskappe met mense ontwikkel wat ek langer ken as wat sy hulle ken. Sy nurture die beste kant van my en maak dat ek meer connect met my vriende.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters