11 dae gelede
Idris, Afrika se groot sterre staan saam teen Covid-19
VOOR INNIE KOOR: Idris Elba gaan op Afrikadag ’n virtuele fonds-konsert aanbied.  ~ Getty Images

IDRIS ELBA gaan ’n dope show aanmekaarslaan met van die kwaaiste sterre in Afrika.

Dié aantreklike akteur werk saam met YouTube om die virtuele fonds-konsert Africa­ Day Benefit Concert at Home aan te bied. Die konsert gaan twee ure duur en begin Maandag 18:00.

Families

Dit gaan via die MTV Base Africa YouTube-kanaal uitgesaai word op Afrikadag, wat op 25 Mei is. Ek lees op Channel24 die geld wat die konsert inbring, gaan geskenk word om ’n verligtingsprogram daar te stel.

Die doel daarvan is om in die gesondheid- en voedingsbehoeftes van families in Afrika te voorsien wat die meeste geraak word deur die Covid-19-krisis.

Idris bied die show aan en een van Afrika se grootste sterre, ons eie Sho Madjozi, is in die sterbelaaide line-up.

Van die ander kunstenaars uit Afrika wat gaan optree, is Burna Boy , AKA, Diamond Platnumz, Angelique­ Kidjo, Sauti Sol, M.anifest, Tiwa Savage en nog vele meer.

Idris meen dit is nou ’n belangrike tyd vir die kinders van Afrika om saam te staan en mekaar te ondersteun te midde van die wêreldwye pandemie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters