5 maande gelede
‘Idols’ se Yanga floreer en koop haar eerste eiendom
OPGEWONDE: Yanga Sobetwa is dankbaar vir God dat sy byna ál haar doelwitte bereik het.  ~ Foto Verskaf

SY IS skaars 20, maar sy spog al met ’n splinternuwe motor, ’n album en nou ’n huis.

Yanga Sobetwa, wenner van Idols SA reeks 14, het Dinsdag in die sosiale media trots aangekondig sy’t haar eerste pozzie gekoop.

Sy het ’n foto in die sosiale media gepost wat wys hoe sy opgewonde voor haar nuwe huis staan.

Maar die petite sangeres met die groot stem het ook ’n baie groot hart.

Dié huis is nie net vir haar nie, maar gaan gebruik word as ’n familiehuis.

Ondersteuning

Sy het ook in die post gesê sy het groot planne vir die jaar.

Sy wil graag matrikuleer nadat sy laas jaar die skool gelos het om op toer te gaan om haar debuutalbum, Promised Land, te bemark.

In die post saam met die foto skryf Yanga: “Ek het uiteindelik eiendom vir my familie gekoop en God is goed!

“Ek skryf hierdie in ongeloof. Baie dankie aan my ouers wat my gehelp het om die wyse besluit te maak, asook vir hulle gebede en ondersteuning .

“Ek gaan my matriek klaar maak; ek het ’n kar, ek het ’n album ... Ek wil God net bedank vir alles wat hy vir my doen en dat ek alles kon bereik wat ek graag wou voordat ek 20 word. Ek brag nie, ek wys net vir mense dat God dit vir hulle ook kan doen.”

Geluk, Yanga!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters