Verlede maand
‘Idols SA’: Top-16 eintlik nou Top-17
maak geskiedenis: Die judges het die tweelingsussies Viggy en Virginia Qwabe laat deurdring tot die top-16. So, dis effektief die top-17.Foto’s: mzansimagic.dstv.com  ~ 

DAAR is nou 17 finaliste in Idols South Africa se top-16!

Dis omdat die judges van die talentkompetisie die reëls op nommer 99 aangepas het.

Randall Abrahams, Somizi Mhlongo, Unathi Msenga kon nie besluit watter een van die talentvolle Qwabe-tweelingsusters die finale plek in die top-16 kry nie, en het sommer albei gekies.

As ek so na die deelnemers kyk, lyk die kanse vir ’n Kaapse wenner sommer weer baie goed.

Die afgelope twee jaar het die Kapenaars Paxton Fielies (laas jaar) en Yanga Sobetwa (2017) met die gesogte titel weggestap.

En met finaliste soos Zia Fielies en Craig Jordaan, albei van Camillo Lombard se musiekskool, kan die Kaap weer koning kraai in Idols.

Die Baaienaar Micayla Oelofse staan ook ’n groot kans om te wen.

KwaZulu-Natal staan sterk met ’n allemintige 6 finaliste in die top-17.

  • Hier is jou top-17-finaliste:

1 Andy Keys van Secunda in Mpumalanga;

2 Craig Jordaan van Elsies­rivier;

3 Dinky van Ennerdale in Gauteng;

4 Innocentia Sibi van Stilfontein in Noordwes;

5 Louise Nicholls van Strandfontein Village;

6 Luyolo Yiba van King Wil­liam’s Town in die Oos-Kaap;

7 Micayla Oelofse van Port Elizabeth;

8 Mmangaliso Gumbi van Ladysmith in KwaZulu-Natal;

9 Nolo Seodisha van Sosha­nguve in Gauteng;

10 Nqobile Gumede van KwaMashu in KwaZulu-Natal;

11 Sizwe Hlatshwayo van Emalahleni in Mpumalanga;

12 Sneziey van Umlazi in KwaZulu-Natal;

13 Treasure Mngadi van KwaMashu in KwaZulu-Natal;

14 Viggy Qwabe van Stanger in KwaZulu-Natal;

15 Virginia Qwabe van Stanger in KwaZulu-Natal;

16 Xola Toto van Kaapstad;

17 Zia Fielies van Manenberg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters