11 dae gelede
‘Idols SA’ raak warmer met Top-10
gelukkiges: So lyk jou top-10 vir Idols SA reeks 15. Skermgrepe: mzansimagic.dstv.com  ~ 

MET die bekendmaking van Idols South Africa se toptien-deelnemers is ’n hele paar Kapenaars se harte gebreek.

Suid-Afrika se votes is getel en ons moes ongelukkig koebaai sê aan sewe van die deelnemers.

Onder die sewe wat hulle tasse moes pak, was die Kaapse gunstelinge Craig Jordaan, Zia Fielies en Louise­ Nicholls.

Baie mense was moerig oor veral die talentvolle Craig en Zia huis toe gestuur is.

Hulle het sommer hulle sê gesê op Idols SAse website nadat die top-10 bekend gemaak is.

Die realiteit is dat die votes praat en dat nie genoeg vir hulle ingerol het nie. Die ander realiteit is dat die top-17 in twee groepe ingedeel is. So, net vyf deelnemers uit elke groep kon deurdring.

Kans

Nog ’n realiteit is dat die een groep baie sterker was. So, ’n paar deelnemers in die top-10 hoort eintlik nie daar nie oor dié reëling.

Hier is die 10 deelnemers wat almal steeds ’n kans het om as die wenner gekroon te word:

1. Virginia Qwabe

2. Viggy Qwabe

3. Nolo Seodisha

4. Mmangaliso Gumbi

5. Nqobile Gumede

6. Sneziey Msomi

7. Micayla Oelofse

8. Luyolo Yiba

9. Dinky Kunene

10. Innocentia Sibi

Ek het my lus verloor om Idols SA verder te kyk, maar vir dié van julle wat nog gaan kyk, is daar goeie nuus.

Niemand word volgende week huis toe gestuur nie.

Die top-10 gaan almal perform, en dan moet jy maar weer vir jou gunsteling stem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters