29 dae gelede
Hy gebruik net sy talente
MA EN SEUN: Roberto en sy TV-ma, Ronel, wat deur Melanie du Bois vertolk word.Foto: kykNET & KIE  ~ 

ARENDSVLEI-kykers het Dinsdag een van hul favourites hoor sing. Maar sang is niks nuuts vir Roberto Kyle, wat die rol van Lee-Roy Foster vertolk nie.

Hy was vyf jaar by die Frank Pietersen-musiekskool in die Paarl en het ook classical voice training gedoen.

“Musiek is ’n groot deel van wie ek is,” sê Roberto.

Nie net het hy gesing nie, hy het ook die liedjie in Arendsvlei geskryf.

Hy noem liedjieskryf is beslis iets wat hy meer sal wil ontwikkel.

“Dié liedjie het ek in ’n dag geskryf.

“Basies praat die liedjie oor hoe mense deur moeilike dae soms die beste tye van hul lewe kan vind.”

Dis die eerste keer in ’n lang tyd dat hy weer vir werk gesing het.

Roberto vertel hy was net bly om te kan sing.

“En eerlikwaar, ek het dit net uit my hart gedoen.”

Min mense weet dit, maar hy was in 2007 te sien in seisoen 2 van Patricia Lewis se Supersterre.

Roberto was mal oor die eerste seisoen en móés net vir die tweede inskryf.

Nadat hy sy ma gedwing het om ’n CD en aansoekvorm te kry, is hy na Kraaifontein en toe die volgende ronde in Gauteng.

“Almal was so excited. Dit was my eerste keer om in ’n plane te vlieg, so, my nerves was klaar!”

Hy het egter nie in daai ronde deurgedring nie.

Special

“Ek onthou Shaleen Surtie-Richards was een van die judges wat die TV-finaliste gekies het.

“Ek was sad, maar vandag is dit nogal special dat Shaleen my ouma in Arendsvlei speel. Dis soos ’n full circle moment.”

Hy’t onlangs ook ’n Safta vir beste akteur in ’n sepie gewen en Son wou weet of ’n Sama volgende is.

Die bekroonde akteur antwoord: “Die erkenning het my nederig gemaak. En oor die Sama, kom ons sê net ek dien ’n lewende God.”

Van plaaslike verhoogproduksies tot internasionale reekse en flieks, wat verkies die seun van die Paarl?

“Ek verkies om outentieke weergawes van die menslike ervaring te weerspieël en stories van my mense met waardigheid en sincerity te vertel, met die talent waarmee my Here my geseën het.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters