13 dae gelede
Huwelik vou vroeg
Drama: Lerato Kganyago en haar man, Thami Ndlala, gaan ná net twee maande skei. foto verskaf  ~ 

DIE TV-persoonlikheid Lerato Kganyago gaan nie toelaat dat wilde stories oor haar huwelik en haar man versprei word nie.

Laas week het die pasgetroude Lerato aangekondig sy en haar splinternuwe man, Thami Ndlala, se paadjies gaan skei.

Dit kom net twee maande ná die tweetjies se tra­disionele troue.

Sis LKG (37) het die nuus op haar Instagram aangekondig.

In die kort verklaring sê sy sy en haar nuwe hubby het verskillende prioriteite en workloads en dit het gelei dat hulle nie tyd het om in hul huwelik te invest nie.

Volgens die omstrede Twitter-gebruiker Man’s Not Barry Roux, (@AdvBarryRoux) is sis LKG en haar man binne gemeenskap van goedere getroud.

Groei

Volgens Man’s Not Barry Roux het bhuti Thami boonop niks op sy naam nie.

Bhuti Thami het self nog nie boe of ba hieroor gesê nie, maar sis LKG was gou op haar perdjie om te sê ons moenie ons ore uitleen vir skinderstories nie.

Sy het op ’n twiet reply waar ’n twiep meen sy was naïef om nie haar tuiswerk te doen voordat sy haar huwelikskontrak geteken het nie.

Hieroor sak sy af: “Niemand gaan aan enigiets raak wat aan my behoort nie en dis vir seker!

“Stadig met die bespiegelinge.”

In nog ’n twiet laat hoor sy: “Wie het ’n huwelikskontrak geteken?

“Moenie kom afleidings maak wat gegrond is op skinderstories in die sosiale media nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters