3 maande gelede
Huldeblyke volop ná ou skielik sterf
weg: Die Disney-ster Cameron Boyce is Saterdag onverwags oorlede. Foto: washingtonpost.com  ~ 

DIE Disney Channel-ster Cameron Boyce is die naweek skielik oorlede. Die lat was net 20.

Volgens Channel24 het Boyce in omtrent alles en sy maatjie gespeel – van Disney Channel se Jessie (2011 tot 2015), tot ander Disney shows soos Liv and Maddie, Bunk’d en Austin & Ally.

Hy het ook Carlos gespeel in die Disney-fliek Descendants en Conor in die Disney XD series Gamer’s Guide to Pretty Much Everything.

Die familie is natuurlik hartseer. Hulle het gesê Boyce het weens ’n seizure in sy slaap gesterf. Die seizure was die gevolg van ’n “ongoing medical condition” waarvoor hy behandel is.

Disney Channel het Sondag ’n groot tranetrekker uitgereik waarin die kanaal aangegaan het oor sy talent en hoe caring hy was.

Kenny Ortega, director van Descendants, het self in die sosiale media tekere gegaan oor hoe Cameron “love”, “Laughter” en “Compassion” (sy caps, nie myne nie) met hom saamgebring het.

Maar niemand praat oor die olifant in die kamer nie. Dis mos ’n industry wat jong mense opvreet en uitspoeg ... of met allerhande substance abuse problems los.

Kyk maar na mense soos Amanda Bynes (33), ’n voormalige Disney-ster wat ’n baie public meltdown gehad het, en die train smash Britney Spears (37). Just throwing it out there ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters