4 dae gelede
Hou duim vas dat ‘Ellen’ die Globe-pyp kan rook
ma: Jill Levenberg vertolk die rol van Ellen Pakkies. foto’s verskaf  ~ 
verslaafde: Jarrid Geduld vertolk die rol van Abie.

DIE fliek Ellen: The Ellen Pakkies Story is Suid-Afrika se inskrywing vir die Golden Globes.

Die fliek het klaar R7 miljoen by die box office gemaak. Ons sal vandag uitvind of die fliek ’n kans het om weg te stap met ’n gesogte Golden Globe. Ellen is ingeskryf in die kategorie vir buitelandse rolprente.

Die fliek vertel die storie van Ellen Pakkies (Jill Levenberg) se on­uithoudbare verhouding met haar 20-jarige tikkop-seun, Abie (Jarrid Geduld­). Sy dood in 2007 het die wêreld geskok toe dit uitkom sy eie ma het hom vermoor.

Die regisseur is die talentvolle Daryne Joshua en die draaiboek is deur Amy Jephta met insette van die regte Ellen.

ma: Jill Levenberg vertolk die rol van Ellen Pakkies. foto’s verskaf

Maar eers gaan Ellen môre op die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees vertoon word.

Die 76ste Golden Globes volg dan op 7 Januarie in Los Angeles.

Ons hou duim vas dat die Ellen-fliek daai Golden Globe Mzansi toe sal bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters