15 dae gelede
‘Hier’s ’n Porsche – so, vergewe my’
ná ... Fans meen Khloe Kardashian het nou te ver gegaan met nose jobs. Foto’s: instagram  ~ 

DIT gons al weer op die internet oor Khloe Kardashian (35).

Eerstens laat dié realiteit-ster haar fans se oë sommer groot rek oor haar gesig heeltemal ander lyk.

Hulle voel Koko het onder die mes gegaan om haar neus dunner te laat maak.

In foto’s van haarself op Instagram show sy haar toned abs af in ’n klein pienk korset.

Fans het toe in die comment sec­tion gekla dat sy dié keer te ver gegaan het met plastic surgery.

Een skryf: “Hou asseblief op om dinge aan jou gesig te doen. Asseblief.”

Kar

’n Ander een laat weet: “Genade, jou gesig het al soveel surgeries ondergaan. Dis oorweldigend.”

En: “Delete dit. Ek is bang.”

Tweedens praat almal oor Koko se cheater baby daddy wat vir haar ’n blinknuwe kar gekoop het.

Tristan Thompson (28) se pel, die rapper Drake, het hom glo aangeraai om vir haar ’n duur geskenk te gee.

Dis om weer in haar goeie boekies te kom nadat hy haar verskeie kere verneuk het.

Ek lees op TMZ sy het Tristan vir Taco Tuesday genooi nadat hy haar die Porsche gegee het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters