9 dae gelede
Hier is die Maak My Famous Top 4
tarryn lamb, emo adams, maak my famous
Maak My Famous aanbieders, Tarryn Lamb en Emo Adams.  ~ kykNET/Maak My Famous

IN DONDERDAGAAND se voorlaaste episode van Maak My Famous het die  Top 5 kykers vermaak met mini-optredes. Megan Danner, Bernice West, Cheswyn Ruiters en SA Ensemble het elkeen drie liedjies gesing, terwyl The Unknown oudergewoonte musiek met hul danspassies  op hul unieke wyse gekombineer het.

Aan die einde van die aand moes die gehoor weer stem wie huis toe moet gaan. The Unknown moes ongelukkig die kompetisie verlaat.

Megan, Bernice, Cheswyn en SA Ensemble is die Top 4-deelnemers wat deurdring na die Maak My Famous finaal, wat regstreeks op Donderdag 11 Julie om 20:00 op kykNET en kykNET&kie uitgesaai word.

Tydens die finaal tree maak die Maak My Famous Top 10 weer ‘n verskyning. Daar sal gasoptredes van Kurt Darren, Karen Zoid en Belinda Davids wees.

Hier’s uittreksels uit die Top 4 se optredes:

Klik op sy naam en lees meer oor Cheswyn

 

Klik op haar naam en lees meer oor Bernice

 

Klik op haar naam en lees meer oor Megan

 

Klik op hul naam en lees meer oor SA Ensemble

Stem vir die wenner

Kykers kan nog tot 23:59:59 op Dinsdag 9 Julie 2019 stem vir wie hulle dink die wenner van Maak My Famous moet wees.

Klik hier om te stem!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters