14 dae gelede
Hier gooi Zozi oral innie Kaap ’n draai
MOOISTE MEISIE: Mej. Heeal, Zozibini Tunzi, parade môre deur die Kaapse middestad in ’n float wat soos ’n kroon lyk.  ~ Foto Verskaf

AS JY graag die mooiste meisie in die heelal wil ontmoet en ’n selfie wil snap, moet jy die kans môre aangryp.

Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, is môreoggend in die Kaap as deel van haar home­coming-toer. Sy het vandag haar straattoer in Johannesburg gehad.

En jy hoef nie te worry nie, ek het al die besonderhede oor die roete wat onse queen op haar spesiaal ontwerpte float deur die strate van die Kaapse middestad gaan volg.

Kostuum

Op die kleurryke float pryk die Suid-Afrikaanse vlag.

Dit lyk soos die Mej. Heelal-kroon sowel as die rok met ’n bandjie wat sy gedra het as deel van haar nasionale kostuum vir Mej. Heelal.

Die float vertrek môre 10:40 vanaf die Kaapstadse stadsaal op dié roete:

  • Vanaf die stadsaal gaan die float met Darlingstraat afry.
  • Dan draai dit regs in Adderleystraat.
  • Vanaf Adderleystraat draai dit regs in Waalstraat.
  • Dit draai dan links en ry tot in Langstraat.
  • Uit Langstraat draai dit regs in Buitensingel.
  • Dan draai dit regs in Loopstraat.
  • Vanaf Loopstraat draai dit regs in Strandstraat.
  • Dan draai dit links in Adderleystraat.
  • Vanaf Adderley ry dit regs na Hertzogboulevard.
  • Vanaf Hertzogboulevard beweeg dit na Nelson Man­delaboulevard.
  • Omstreeks 12:00 gaan die float afdraai in Searle Street.

Kom ons gaan uit en gee ons queen die royal home­coming wat sy verdien!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters