6 dae gelede
Hef se fans hoes
Hugh Hefner  ~ Charley Gallay / Stringer / Getty Images

HONDERDE fans het big bucks betaal vir Hugh Hefner se goed. Hy is ver­lede jaar op 91 dood.

Die twee dae lange veiling van die Playboy-stigter se besittings is in Los Angeles gehou en het Saterdag geëindig.

Van die goed wat verkoop is, is die tik­masjien wat Hefner op universiteit en vir die eerste uitgawe van Playboy gebruik het, asook sy copy van die eerste uitgawe van sy ikoniese tydskrif. Marilyn Monroe is voorop.

Volgens die afslaers het die 1953-tydskrif $31 250 (ongeveer R427 000) gehaal en die outydse tikmasjien $162 500 (ongeveer R2,2 miljoen). AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters