5 dae gelede
Harvey bly by die huis
VLERKE GEKNIP: Harvey Weinstein mag nie Europa toe reis nie.Foto: AP  ~ 

’N REGTER sê die rape-verdagte Harvey Weinstein mag nie Europa toe gaan om daar te werk nie.

Die filmmagnaat moet op 9 September in New York wees wanneer sy verkragtingsaak hervat word.

Hy sou Europa toe vlieg om ’n konsultant te wees in ’n verhoogproduksie van die film Cinema Paradiso uit 1988. Hy sou ook regisseurs en designers in Italië en Spanje ontmoet het.

Sy paspoort is vroeër gekonfiskeer as deel van sy bail-voorwaardes.

Regter James Burke het in een sin gesê sy aansoek om sy bail-voorwaardes aan te pas, is afgekeur.

Talle vroue in die movie-besigheid het aanklagte van seksuele teistering teen die 67-jarige Weinstein ingedien. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters