16 dae gelede
Harry dagvaar Britse tabloids
royals
Prins Harry en Meghan, hertog en hertogin van Sussex, in Nyanga tydens hul besoek aan Suid-Afrika.  ~ Peter Abrahams

DIT lyk of die Sussex-egpaar nog lank nie klaar is met die Britse tabloids nie. 

Dié keer dagvaar Prins Harry, die hertog van Sussex, die koerante Daily Mirror en Sun oor die onwettige onderskepping van voicemail-boodskappe.

Sy vrou, Meghan Markle, die hertogin van Sussex, dagvaar op haar beurt die Mail on Sunday oor die publikasie van uittreksels van 'n private brief.

Albei sake se hofstukke is ingedien terwyl die egpaar en hul seun Archie in Suid-Afrika was.

Harry het verelde week uitgevaar teenoor die tabloid-media oor hul "genadelose veldtog" teen sy vrou.

Hy het hulle beskuldig van boeliegedrag "wat mense en lewens vernietig met voortdurende wanvoorstellings".

"Daar is menslike verlies tot hierdie meedoënlose propaganda. Veral wanneer dit willens en wetens vals en kwaadwillig is. Hoewel ons voortgaan om dapper te wees kan ek nie begin om te beskryf hoe pynlik dit is nie." - The Telegraph

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters