11 dae gelede
Halle is excited oor haar fliek
NUWE HOOGTES: Halle Berry maak haar eeerste movie.  ~ Instagram

HALLE Berry is baie opgewonde dat haar debuutfilm as regisseur in September op die 45ste Toronto International Film Festival vertoon gaan word.

Die Oscar-wenner en ma van twee sê sy voel nederig en opgewonde.

“Baie dankie aan almal, my ongelooflike cast en crew en die span regisseurs. Ek sien julle in September.”

Oorwin

In Bruised speel sy die rol van Jackie Justice, ’n MMA-vegter wat in oneer verval het. Jackie moet haar demone oorwin en ook haar sesjarige seun Manny terugkry.

Die 10-jarige Danny Boyd Jnr. speel die rol van Manny.

Halle het “bene gebreek” terwyl sy aksie scenes geskiet het.

Ander akteurs in Bruised is Shamier Anderson, Valentina Shevchenko en Gabi Garcia.

Haar goeie vriende Taraji P. Henson, Lena Waithe, Michelle Williams, Ruth E. Carter, Kerry Washington en Mario Lopez het haar ook geluk gewens. DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters