13 dae gelede
‘Gympie’-span terug
hy’s die ou: Peter Maart het die toneelstuk geskryf en is die director.foto’s verskaf  ~ 

HOELIEHA, wiesie pa?!

As jy Gympie Straat geniet het, moet jy regmaak vir deel 2 – wat nóg snaakser gaan wees.

Peter Maart, wat Gympie Straat II geskryf het en direct, sê die vorige aflewering was so suksesvol dat hulle die storie net moes terugbring.

Maart vertel trots: “Ons dra die boodskap deur musiek, dans en toneelspel oor.

“Die gehoor kan hulle klaarmaak: Daar gaan lekker gelag word vir die manier waarop ons die boodskap deurgee.

“Ons skryf ons eie musiek. Alles is local en oorspronklik.”

’n Hele paar talentvolle jong mense stal hul talente in die toneelstuk uit.

Miskah Geduldt, August West, Tarryn Koopman, Patricia de Bruin, Norman Acker­man, Richard Haynes en Shaundeon King Smasher sal almal op die verhoog te sien wees. Vinashco Williams direct die musiek.

Motiveer

Maart sê al die kaartjies vir Gympie Straat én al hul produksies op die Suidoosterfees was uitverkoop.

Hy vertel die vervolgstuk is vir die hele familie. “Daar is iets vir almal.”

Temas soos getrouheid aan jou lewensmaat en spyt wat te laat kom, kom ter sprake.

“Met hierdie produksie wil ons jong mense ook motiveer om die regte besluite te neem en hul vriende verstandig te kies.

“Dis ook belangrik dat mense besef elke kind is ’n seën – maak nie saak uit watter omstandighede die kind ge­bore is nie.”

En as jy, nes ek, wonder wie Najwa se baby daddy is, moet jy nie die toneelstuk misloop nie.

Dit word van Woensdag 3 tot Vrydag 5 Oktober in die Joseph Stone-teater in Ath­lone aangebied.

Die kaartjies kos R120 elk en is by Computicket beskikbaar. Die deure word 19:30 oopgemaak. Sien jou daar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters