Verlede maand
Groot celebrations beplan vir hulle halfeeu in gospelbedryf
WOW! Die Christadelph­ians is vanjaar ’n hele 50 jaar oud.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Christadelphians van Uiten­hage vier vanjaar hulle 50ste bestaansjaar.

Cecil Arnolds, woordvoerder, sê: “Ons is baie opgewonde daaroor om dié verjaardag oor die Paasnaweek te vier. Dis ’n groot mylpaal.”

Die groep het al 17 albums en 10 DVD’s op die kerfstok. Boonop het die groep al ’n klomp geslaagde optredes oor die land heen gehad.

Die Christadelphians is begin deur vier ouens wat in die township Kabah in Uiten­hage op skool was. Hulle is baie suksesvol. Bilson Music Company én die Nelson Mandelabaai-Metro het ’n life­time achievement award aan hulle toegeken.

Bywoon

Die 50ste verjaardag word dié naweek behoorlik gevier. Môre 19:00 word ’n Golden Oldie Show by die Allanridge Civic gehou. Dit kos R50.

Saterdag kan fans 09:00 teen R100 ’n ontbyt bywoon.

Die Black Tie Gala begin 19:00 (Allanridge Civic). Patrick Lindoor en Nico Lottering tree op. Dit kos R200.

Sondag is die Christadelphians die main act by die Celebration-konsert (R50). Combo tickets kos R350.

Kontak Danny Jacobs by 084 246 1281 of Cecil Arnolds by 072 505 9723.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters