Verlede maand
Groep opgewonde oor mondigwording en vier dit met baie spesiale konsert
jubel: Gospel Ensemble is opgewonde oor sy konsert in Junie. Foto: gregory noble  ~ 

DIE Gospel Ensemble, wat oorspronklik van die Paarl is en wie se lede deesdae in Jozi woon, vier dié jaar 21 jaar in die vermaaklikheidsbedryf.

Die gospelgroep wil dié spesiale mylpaal met ’n lekker konsert vier.

Só vertel Harrieth Hartzenberg, een van die groeplede. Sy sê hulle is opgewonde oor die konsert, wat in Junie gehou word.

Judith Pietersen, Gail Speake en Lee-Ann Arendse is susters. Daniel Speake en Marshall Arendse is ook lid van die groep.

Daniel het die lied “Blood Red” geskryf. Dis ook die titel van hulle nuutste DVD, wat in Maart opgeneem is.

Jubel

Hartzenberg sê: “Die teenwoordigheid van die Here moet terugkeer na die kerk, dan sal ons weer wonderwerke sien gebeur.

“Die Here het ons deur baie moeilike tye gedra. Daarom wil ons die toer doen, want ons harte jubel.”

Harrieth sê verder Paasfees beteken vir hulle baie, want dis die bloed van Jesus wat red en genees wat gevier word.

Die konsert The Blood Red vind op 1 Junie by die Jubilee Life Ministries in Parow plaas.

Dit begin om 18:00. Kaartjies kos R150. Kontak Gail Speake by 078 295 7755.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters