13 dae gelede
Grapjas voer shock te ver
Louis C.K.Foto: losangelestimes.com  ~ 

VERLEDE jaar was mos maar ’n shitty jaar vir die Amerikaanse comedian Louis C.K.

En met reg, want die etter is uitgewys as ’n afstootlike sexual predator.

En toe val hy heeltemal van sy troon af.

Ek lees nou op TMZ hy het wragtag nie sy les geleer nie, en toon ook skynbaar geen berou nie.

Want met sy grappies oor die sogenaamde “Parkland-slagoffers” het hy gedaal tot die vlak van skuim van die hel.

Die agtergrond: In Februarie het Nikolas Cruz, ’n loony voormalige leerder van die Marjory Stoneman Douglas High School in Parkland, Florida, bos gegaan en 17 leerders en onderwysers doodgeskiet en 17 gewond.

Audio

Emma Conzalez en David Hogg, wat dié aanval oorleef het, het daarna gepleit vir strenger wapenbeheer in Amerika.

En toe surface ’n audio op YouTube waarin Louis C.K. die spot dryf met Conzalez en Hogg.

Hy sê byvoorbeeld dat hulle nie charisma het net omdat hulle na ’n skool gegaan het waar slagoffers geskiet is nie en dat hy nie na hulle hoef te luister net omdat hulle een of ander vet kind gered het nie.

Dié onsensitiewe audio is intussen van YouTube verwyder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters