2 maande gelede
Gospelsanger volg die skone Tuinroete
snaarman: Die gospelsanger Euclid Jacobs toer binnekort.foto vERSKAF  ~ 

DIE gospelsanger Euclid Jacobs­ tree binnekort in PE, George en Humansdorp op.

Euclid sê aan Son: “Die Here het my ’n tweede kans gegee en ek is dankbaar daarvoor.

“Ek kan my verhaal van hoop en genesing deur my musiek oordra.”

Euclid benut dié tweede kans om ’n album, Second Chance, uit te reik.

Die show in George is op 31 Mei in die Community Church. Dit begin 19:00 en toegang is R50. Vir R130 is ’n CD ingesluit.

Skakel 044 871 3833 of 082 975 0351 met navrae.

Daar is twee shows van anderhalf uur op 1 Junie in die Baai. Hulle begin 13:30 en 15:30 in die Boardwalk se Cinema 1.

Laaste

Toegang hier is R60 en R130 met ’n CD.

Die laaste show volg op 2 Junie in Humansdorp se Christian Assembly-ouditorium.

Dit begin 18:00 en toegang is R60 en R130 met ’n CD.

Bel Godfrey Reed by 071 928 9951 met navrae oor die shows in PE en Humans­dorp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters