2 maande gelede
Gospelmusikante sing teen crime
note van hoop: Jasmean Lottering tree dié naweek in ’n konsert op. FOTO VERSKAF  ~ 

GOSPELMUSIKANTE is net mooi op van geweldpleging.

En een van hulle, Adrian­ Dampies, sê dis nou hoog tyd dat hulle almal saamstaan teen misdaad in hulle gemeenskappe.

Dampies sê: “Ons mense ly en lewe in vrees, maar gospel­musiek bied ’n boodskap van hoop en die klanke kan genesing bied.”

Jeugdiens

Hy en sy groep beoog om plekke waar misdaad alledaags is, soos Eersterivier, Delft en Macassar, te besoek.

Die plan is om uit te reik na die jong mense daar.

Hy sê ’n jeugdiens word môre 19:00 gehou en die gasspreker is Eugene van Wyk van Mega Grace.

Dan, Saterdag 19:00, word ’n konsert, Dringende Uitnodiging, aangebied.

Die gospelmusikante wat sal optree, is Luwellyn Simons, Joshua­ Jansen, Ischka Grootboom, Colin Mitchells en Jasmean Lottering.

Toegang kos R30 vir volwassenes en R15 vir kinders.

Sondag 17:00 neem apostel James Davids ’n erediens waar.

Ál dié events is in die Uitsig-gemeenskapsaal.

Bel Dampies gerus by 081 543 3362 vir info.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters