2 maande gelede
Goeie nuus vir lam beursies
Voete jeuk: Die band Jeodhouse gaan op die MosJazz-fees optree. foto’s verskaf  ~ 

MOENIE die MosJazz-fees se Januworry special misloop nie.

Die tweede jaarlikse MosJazz International Music Festival vind van 17 tot 20 Januarie by die De Bakke Santos-strandoord in Mosselbaai plaas.

Dagkaartjies kos gewoonlik R175, maar met die spesiale Januworry Weekend Special, kan jy ’n dagpas vir R100 optel.

Maar dan moet jy wikkel, want die special is net vir hierdie naweek. Kry jou kaartjies van vandag tot Sondag 13 Januarie by quicket.co.za.

’n Skitterende versameling van internasionale en plaaslike kunstenaars sal sorg dat musiekliefhebbers behoorlik bederf word.

Die MosJazz-fees is die susterfees van die uiters gewilde en suksesvolle Jazz on the Rocks, wat jaarliks by Tietiesbaai in Paternoster aan die Weskus aangebied word.

Die internasionale kunstenaars Judy Boucher, Andrew Young, Choko en Phil Fearon, asook plaaslike talent soos Karin Kortjé, Emo Adams, Loukmaan Adams en Jeodhouse, The Rockets en top deejays, gaan sorg dat die ding behoorlik ruk.

Kry details op die MosJazz Festival De Bakke Santos Facebook-groep of bel 021 591 5208 vir besonderhede oor kampeerplek ensovoorts.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters