9 dae gelede
G’n like vir Ike
Legende: Tina Turner het onlangs ’n bietjie oopgemaak oor haar harde lewe saam met Ike. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE legendariese Tina Turner het onlangs ’n bietjie oopgemaak oor haar abusive eks.

Tina (79) het in ’n onderhoud met Gayle King in CBS Sunday Morning vertel oor haar abusive marriage met die muso Ike Turner.

Ek lees op Channel24 sy sê sy was maar net ’n teenager toe sy as Anna Mae Bullock die ou ontmoet het wat haar lewe sou verander.

“Ek het gedog hy is die lelikste man wat ek al ooit gesien het.

“Ek het nog nooit iemand gesien wat so skinny is nie.”

Maar Tina verduidelik die ou het ’n groot presence gehad.

En nadat sy hom op stage gesien het, wou sy definitief in sy band sing. Luidens Daily Mail het die twee mettertyd geheg geraak aan mekaar. Ike was nice aan die begin, maar toe begin hy verander.

Die twee is toe getroud, maar volgens Tina het sy net ja gesê omdat sy bang was sy maak Ike kwaad.

Dit was ook nie juis ’n droombruilof nie, want Ike het haar toe sommer daar en dan in die kar gelaai om die huwelik official te gaan maak.

Droomhuis

Toe sý uiteindelik die broodwinner raak, het dit hom net nog meer die moer in gemaak.

Dis ook Ike wat haar naam (sonder haar toestemming) verander het op daai eerste record deal.

Maar sy het survive en het eindelik haar fairy tale gekry.

Sy is in ’n happy space in haar droomhuis in Switserland.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters