13 dae gelede
G’n lappie vir pappie
GRAPJAS: Trevor Noah het Donald Trump oor die kop geskrop oor hy nie ’n masker gedra het rondom weerlose bejaardes nie.  ~ Getty Images

TREVOR Noah sal nooit zip kap as dit by die Amerikaanse president kom nie.

Die Suid-Afrikaanse komediant het die prez op The Daily Show uitgeskel oor hy nie ’n masker gedra het toe hy met ander bejaarde mense in kontak was nie.

Donald Trump (73) en sy vrou, Melania (50), het ’n seremonie bygewoon waar die 75ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog gevier is.

Natuurlik was van die oorlogsveterane daar. Die Orange One het gewys hy worry nie oor die Covid-19-reëls nie. Hy het nie ’n masker gedra nie en sodoende die weerlose oorlogshelde se lewe in gevaar gestel.

Trevor het grappig uitgewys Trump kon die veterane se dood veroorsaak het.

“Verbeel jou jy oorleef Hitler net sodat Trump jou kan uitvat,” het hy geskerts.

“Al versprei die virus in Trump se binnekring, het Trump se houding teenoor die virus nog nie verander nie. Hy weier byvoorbeeld steeds om ’n masker te dra, selfs as hy ’n groep bejaarde veterane van die Tweede Wêreldoorlog gaan ontmoet.

“Kyk, wat ook al Trump se verskonings was, ek hoop net dat ál daai veterane veilig is, want om Hitler te oorleef en dan te sterf weens Trump, sal so ’n antiklimaks wees.”

Maar die Orange One meen al het hy nie ’n masker gedra nie, het hy steeds ’n veilige afstand gehou tussen hom en veterane, wat in hul 90’s is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters