Verlede maand
Gigi in die sop oor tjippies
Gigi Hadid Foto: Getty Images  ~ 

DIE internet is lekker moerig vir Gigi Hadid.

Twitter het die model uitmekaar geskeur oor sy ’n foto van haarself in die sosiale media gepost het waar sy die afgelope naweek op die Coachella-musiekfees kamma aan ’n pakkie McDonald’s chips weglê.

Volgens E! Online het die helfte van die trolls gekla oor die 23-jarige blondekop in twee foto’s dieselfde tjippie eet. Hulle meen dit wys die ster het nie rêrig die chips geëet nie en dat dit alles net vir die show was.

Die ander helfte kla Gigi sal enige iets vir geld doen en nie aan die nagevolge dink nie.

Een fan het op Twitter gal gebraak: “Ek verstaan regtig nie hoekom jy McDonald’s promote nie. In fact, ek is verbysterd dat ’n intelligente, goed ingeligte en invloedryke persoon soos jy jouself assosieer met so ’n company. Dit kan sekerlik nie net vir die geld wees nie?”

’n Ander een kla: “Jy is pragtig, maar jy promote kos wat vetsug veroorsaak en mense se gesondheid verwoes.”

Gigi sê by die foto dis ’n “betaalde vennootskap met McDonald’s”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters