2 maande gelede
Ghost in ‘Power’ se spoke jaag hom
Gevaarlik: Omari Hardwick pak uit oor wat volgende in die series Power gaan gebeur. Foto verskaf  ~ 

GHOST gaan deur ’n hele paar spoke in die volgende season van Power gejaag word.

Die akteur Omari Hardwick, wat die rol van Ghost speel, het aan The Hollywood Reporter uitgelap wat in season vyf van die gewilde series, wat op 1 Julie begin, gaan gebeur.

Die akteur sê hoewel Ghost uit die tronk is, is hy steeds figuurlik vasgekeer oor hy trust issues het.

Omari pak uit: “Hy voel asof hy deur spoke gejaag word, pun intended. Ghost kan nie uitfigure na watter spook hy die meeste moet omsien nie, so, hy voel asof hy opgesluit is. Hy slaap met een oog oop en probeer uitvind wie wat gedoen het en wie hom probeer vernietig.”

Hy sê: “Die season gaan oor verskillende alliansies en wie hy nie kan vertrou nie.”

En as jy ook ’n groot fan van Tommy is, gaan jy dié season love. Ons gaan meer oor sy Italiaanse herkoms uitvind.

Omari vertel: “Ons gaan beslis sy pa sien. Ons het die vorige seisoen afgesluit met hom, so, ons gaan nou verder daaroor in die seisoen uitwei.”

Sjoe, ek kan nie wag nie!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters