3 maande gelede
Gerugte gezip
slim en mooi: Dr. Rolene Strauss gaan ’n boek uitbring.Foto: bellazon.com  ~ 

MOENIE dink alle beauty queens is airheads nie.

Vat nou maar vir Rolene Strauss (27), wat die wêreld gewow het toe sy in 2014 eers as Mej. Suid-Afrika aangewys is en toe as Mej. Wêreld.

Rolene, deesdae ’n dokter en ma van een, het haar fans op Instagram gevra om hulle te laat weet watse aannames hulle oor haar maak. Toe het sy op haar YouTube channel ’n lang video gelaai waarin sy hieroor praat.

Die lys het, volgens Channel24, gerugte ingesluit dat sy swanger is en dat sy plastiese chirurgie gehad het.

Mense wou selfs weet of sy al ooit finansieel in die knyp was!

Volgens Rolene het sy die wengeld van albei pageants gebruik om vir haar mediese studie te betaal.

Verklap

En toe die geld op was, was sy net ’n doodgewone student – want toe het sy nie meer ’n inkomste gehad nie.

In ’n 17 minute lange video verklap Rolene sy het in April die boek Reflections from the Heart klaar gemaak. Dit behoort in Oktober te koop te wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters