9 dae gelede
Genoeg latté, Khanyi – twiep
IT’S ON TOP ... Twieps meen Khanyi Mbau is uiters “selfsugtig” om haar vel so lig te bleach.  ~ Instagram

TWIEPS het weer mal gegaan toe die local ster Khanyi Mbau ’n foto van haar in ’n bikini gepost het.

Die trolls op Twitter het nie veel gefokus op haar sexy lyf in die bikini nie. Hulle het eerder grappe gemaak oor Khanyi se veel ligter vel.

Ek verstaan nie hoekom nie, want die aktrise het mos al baiekeer erken dat sy haar vel bleach en nie skaam is om surgery aan haar gesig te ondergaan nie.

Ek sien op ZAlebs sy het ook al by ’n vorige geleentheid erken dat 90% van haar vel kosmeties opgezhoosh is.

Mense het natuurlik ou foto’s van Khanyi uitgekrap om te wys hoeveel witter sy oor die jare geword het ná skin bleaching en kosmetiese behandeling.

Een twiep meen Khanyi lyk nou soos tee waarin daar te veel Cremora gegooi is.

Liefde

’n Ander een skryf weer dat die aktrise nie ’n goeie voorbeeld is nie en sê: “Swart ouers wat bleach, is selfsugtig.

“Jy het swart kinders wat sien hoe jy jouself verander in ’n budget wit vrou. Waar is jou liefde vir jouself?

“Jy gee hulle ’n kompleks om hul eie pragtige donker vel te haat. Jy is selfsugtig, Khanyi.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters