2 maande gelede
Geena jok vir Oprah oor hubby
Geena DavisFoto: TMZ.com  ~ 

ONTHOU enige iemand nog vir Geena Davis? Thelma & Louise anybody? Oukei, wat van Grey’s Anatomy?

Anyway, sy’s in die nuus vir al die verkeerde redes.

Davis het vir Oprah Winfrey gelieg. Só het sy onder eed laat val in haar baie nasty divorce lawsuit.

TMZ berig lankal oor die break-up tussen haar en die chirurg Reza­ Jarrahy.

Jarrahy het haar vir ’n egskeiding gedagvaar en eis onderhoud en ’n property split.

Maar Davis sê hulle kan nie divorce as hulle nog nooit getroud was nie.

Episode

Hulle het in 2001 afgehaak. Nou sê Davis hulle het nooit ’n liksens daarvoor gekry nie.

Jarrahy se lawyer, Stephen Kolodny, het in die hof verwys na ’n episode van Oprah Winfrey se show waarin Davis was.

Kolodny het gesê Davis het toe gespog oor haar wonderlike huwelik en wonderlike man.

Davis het gesê sy kan dit eintlik nie onthou nie, maar dit was seker so.

En toe drop Kolodny die bom: “So, jy het vir Oprah gelieg?”

Davis se antwoord: “Ja.”

En toe ontplof die internet natuurlik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters