5 maande gelede
Geen tyd vir hakke nie
Trek uit: Kristen Stewart raak ontslae van haar duur hakke op die rooi tapyt. Foto: THEJUICE.COM  ~ 

KRISTEN Stewart het besluit om haar peperduur red bottom-hoëhakskoene op die rooi tapyt uit te skop.

Die Twilight-aktrise het dié week gewys sy gee nie ’n blou duit om vir die Cannes-filmfees se omstrede verbod op plat skoene op die rooi tapyt nie.

Die aktrise het by die screening van BlacKkKlansman aan gewals gekom in ’n paar duur, swart Christian Louboutins.

Sy’t hulle egter nie enduit aangehou nie en toe sommer haar hakke nét daar op die rooi tapyt uitgetrek.

Die sogenaamde “Heelgate” het in 2015 begin toe ’n groep vroue wat plat skoene aangehad het, verbied is om die screen­ing van Carol te kyk.

Die ouens daar by Cannes dring daarop aan dat vroue wat op hul rooi tapyt verskyn, hakke móét dra.

Dis mos nou plein simpel!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters