14 dae gelede
Geen rus van Kim
Kim Kardashian  ~ vogue.com

KIM Kardashian het nou iemand gekry om haar selfies vir haar te neem.

Kimmy (37) se dokter het ge-order dat sy nie meer selfies mag neem nie oor sy haar gewrig seergemaak het.

Maar dink julle dit sal die queen van selfies keer?

Ek sien op E! sy het sommer een van haar crew members gekry om ’n “selfie” te neem toe sy haar nuwe fragrance line bemark het.

In een van die scenes van Keeping up with the Kardashians roep sy die crew member nader en sê: “My hand is seer. Ek het my hand brace vergeet. Paxy, sal jy my asseblief kom help?”

Kimmy se blonde sussie, Khloe, vra toe heel verward: “Wat moet sy vir jou doen?”

Die mammie van drie antwoord toe: “Die dokter sê ek mag my foon net vashou; ek mag dit nie oplig om ’n selfie te neem nie.

“So, ek gaan dat Paxy my foto’s neem sodat my hand kan rus.”

Kimmy se ma, Kris, sê: “Kim se hand gaan rus sonder dat sy ’n blaaskans van sosiale media hoef te vat.

“Ek gaan Paxy def’nitief by haar afvat om my selfie assistant te wees.”

En hier het ek so gehoop ons gaan nou minder selfies van die K*kdashians sien.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters