2 maande gelede
'Geen ander keuse as om Nigel Pierce te fire'
Nigel Pierce  ~ foto verskaf

DIE bekende Kaapse radio-aanbieder Nigel Pierce se onmiddellike afdanking by Good Hope FM (GHFM) is omdat hy kontrakbreuk gepleeg en die SABC se naam op sosiale media sleg gemaak het.

Die openbare uitsaaier sê in 'n verklaring, wat op GHFM se sosiale media platforms gedeel is, hulle het geen ander keuse gehad as om hul paaie met dié van Pierce s'n te skei nie.

Pierce se laaste dag on air was veronderstel om op 29 Maart te wees.

Hy het dit toe verlede week on air bekend gemaak en is Vrydag in die pad gesteek is.

Pierce het die afgelope naweek in 'n reeks videos op sy Instagram uitgevaar teen sy base wat hom verlede Vrydag afgedank het.

Volgens hom is hy by die "ingangsportaal voor kollegas" ‘n afdankingsbrief in die hand gestop en toe toegang tot die SABC se perseel in Seepunt verbied.

Pierce sê hoewel hy nie ‘n vertroulikheidsklousule geteken het nie, is hy deur sy base ingelig dat hy kontrakbreuk gepleeg het toe hy die inligting, van sy laaste dag on air, bekendgemaak het.

GHFM gaan binnekort bekendmaak wie by Pierce op die Afternoon Drive Show gaan oorneem.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters