2 maande gelede
Gee jou lyf ’n Weskus-tyd op die Madeliefie Makietie
vet pret: Die klôgoed kan na hartelus baljaar op die fees.foto verskaf  ~ 

AS JY hou van ’n jol, moenie die Madeliefie Makietie in Strandfontein aan die Weskus misloop nie!

Daar gaan 25 van die land se top-kunstenaars uitsteek.

Onder hulle is Leah, Jo Black, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Willem Botha, Lee Scott en die country legends Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce en Tommy Dell.

Daar’s kuiertente met lekker kos en drankies, ’n horde stalletjies in die dorp en langs die strand – en natuurlik daai onvergeetlike see-uitsig wat die Madeliefie Makietie ’n fees maak om te onthou.

Vanjaar se Madeliefie Makietie is op Vrydag 26 en Saterdag 27 Oktober.

Maar moenie dink jy gaan die naweek net sit en lam nie.

Daar’s allerhande aktiwiteite, soos touchies, die Maltrap-fietswedren en die splinter­nuwe Stoftrap. (Dis nou Weskus vir Colour Run, hoor!)

Hope kindervermaak sal die jongspan besig hou.

Daar’s Mnr. en Mej. Strandlopertjie- en ’n babakompetisie vir die mooies en die Daisy Z-talentkompetisie vir dié wat darem ’n bietjie talent ook het.

Als afgerond met lekker kos, wyn, koekies, ingelegde produkte en handgemaakte items.

Die website madeliefiemakietie.co.za het al die nuutste details. Kyk ook op Facebook, Twitter en Instagram.

Kaartjies is te koop by Computicket, Shoprite/Checkers- en House & Home-winkels, of bel 0861 915 8000.

Kaartjies vir Vrydag, 26 Oktober kos R50 vir kinders tussen 7 en 17 jaar en R100 vir volwassenes. Saterdag se festivities kos R60 en R130.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters