13 dae gelede
Gabrielle praat uit oor rassisme
HOLLYWOOD, CALIFORNIA - SEPTEMBER 18: Gabrielle Un
Gabrielle Union toe sy nog 'n judge op America's Got Talent was.  ~ Getty Images

GABRIELLE Union het kort voor haar afdanking as judge op America's Got Talent (AGT) uitgepraat oor die rassisme op die show.

Volgens Variety het Union gekla oor 'n rassistiese grap wat haar mede-beoordelaar Jay Leno gemaak het.

Leno het glo gegrap dat 'n painting van Simon Cowell met sy honde soos iets lyk wat mens op 'n menu in 'n Koreanse restaurant sal vind.

Die kwessie is volgens Variety se bronne by menslike hulpbronne aangemeld, maar niks het daarvan gekom nie. Die grap is bloot uit die opname gesny.

Union het toe weer uitgepraat toe 'n wit manlike deelnemer 'n oudisie afgelê het waarin hy swart sangers naboots.

Die deelnemer het gedurende sy optrede swart hande gehad toe hy vir Beyoncé nadoen.

Variety berig dat sy die kwessie met 'n uitvoerende vervaardiger bespreek het en gesê het die gehoor hoort nie iets so racially insensitive te kyk nie.

Union en haar mede-beoordelaar Julianne Hough het volgens berigte ook erge kritiek ontvang oor hul voorkoms.

Daar was na bewering vir Union gesê dat haar haarstyle wat alewig verander "te swart" is vir die show se kykers. Hough is ook konstant gekritiseer oor haar hare, make-up en klere.

Daar is intussen aangekondig dat nie Union of Hough vir die 15de seisoen van AGT gaan terugkeer nie.

Simon Cowell se maatskappy, Syco, sê in 'n gesamentlike verklaring met die TV-netwerk NBC en die vervaardigingsmaatskappy Fremantle, hulle verbind hulle steeds daartoe om die werkplek respekvol vir alle werknemers te maak.

"Ons werk deur haar verteenwoordigers saam met Union om meer oor haar griewe te hoor waarna ons behoorlike stappe sal neem," lui die verklaring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters