3 maande gelede
Gabrielle is somer goals

SY IS hot girl summer goals!

Dis hoogsomer in Amerika en die Yank-vroue is almal obsessed daarmee om ’n hot girl summer te hê.

Maar die beeldskone aktrise Gabrielle Union het gewys hoe dit nou eintlik gedoen moet word.

Sy het dié week die monde laat oophang toe sy ’n foto op haar Instagram laai waar sy in ’n piepklein bikini pose.

Met die cheeky foto wou sy maar net aankondig dat haar followers op die uitkyk moet wees vir die nuwe episode van America’s Got Talent. Gabby is mos ’n judge in dié talentsoekprogram.

Maar ek dink die mense het verby die caption gekyk waarin sy die aankondiging doen en net gefokus op die 46-jarige se perfekte, soepel boude.

En dis nie net haar fans wat iets te sê gehad het oor dié hot foto nie. ’n Hele paar celebs het ook die aktrise se stert geprys.

Die komediant en akteur Kevin Hart se vrou, Eniko Hart, was skoon sprakeloos en kon net die woord “Ma’am” uitkry met ’n prys-hand- en ’n verlief-emoji daarby. Die sangeres Sevyn Streeter het Gabby gesmeek om ons te wys hoe sy dit regkry.

’n Ander fan het geskryf sy gaan sommer nou onmiddellik gym toe.

Ek voel dieselfde. Sien julle almal in die gym, baai!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters