Verlede maand
Future legal eagle Kim voel vere vir die kritiek
Kim Kardashian Foto: Getty Images  ~ 

KIM Kardashian sál haar regstudie voltooi – al lag die hele wêreld vir haar.

Die reality TV-ster het op Instagram laat hoor sy is ernstig daaroor om ’n lawyer te word.

Die ster se oorle derra, Robert Kardashian, was mos OJ Simpson se lawyer.

Kim het die trolls gemaan om in hulle eie baan te bly en haar uit te los terwyl sy haar drome volg.

Almal het mos ’n eiertjie te lê gehad toe die mammie van drie in ’n onderhoud met Vogue vertel het sy swot om ’n lawyer te word.

Gereed

By ’n foto van haar en twee mentors skryf sy: “Laas jaar het ek by die Kaliforniese balie geregistreer. Vir die volgende vier jaar word minstens 18 uur per week van my vereis. Ek gaan elke maand ’n multiple choice-toets doen.”

Die 38-jarige het gesê die einde van haar eerste jaar is amper op sy rug. Sy maak gereed vir haar mini bar (’n voorbereidingstoets vir die eksamen).

Sy sê dit is nie haar voorreg of geld wat dié droom moontlik gemaak het nie. Volgens die celeb gaan dit alles oor passie.

“Mense moet verstaan daar is niks wat jou kan keer om jou drome na te jaag nie. Jy kan jou eie lanes skep, net soos ek nou doen.

“Die balie gee nie om wie jy is nie. Hierdie opsie is oop vir almal wie se staat dit toelaat.”

Die familievaste Kim het ook laat val dit verg baie opofferings van haar en haar gesin.

“Ek spandeer my naweke weg van my kinders terwyl ek lees en studeer. Ek werk heeldag en sit my kinders saans in die bed. Dan studeer ek deur die nag.”

Okurrr, Kimmy. Sterkte daarmee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters