10 dae gelede
‘Friends’ date uitgestel
LATER: Die Friends reunion word nou eers aan die einde van die Amerikaanse somer gehou sodat die vervaardiger ’n groter gehoor kan nooi.  ~ Foto Verskaf

ONS gaan nog ’n bietjie langer moet wag vir Friends se HBO Max reunion-episode.

Dis oor die vervaardigers glo dit gaan soveel beter wees as ’n gehoor teenwoordig is vir die reunion.

Die special sou aanvanklik laat in Maart plaasgevind het, maar is toe tot in Mei uitgestel weens die corona-virus-pandemie.

En nou gaan ons nóg langer moet wag, as ’n mens luister na wat die grootkop Bob Greenblatt van Warner Media Entertainment aan die tydskrif Variety gesê het.

Greenblatt sê: “Ons sit dit vir eers op ys en hoop om aan die einde van die Amerikaanse somer die special klaar te maak.

Waarde

“As alles in plek val, kan ons hopelik teruggaan om te verfilm.

“Ons dink daar is waarde aan die ervaring van ’n groot, raucous, live gehoor wanneer die ses wonderlike vriende weer saamkom.

“Ons wou nie hê dit moes ’n web call wees met ses blokkies en mense wat uit hul kombuise en kamers verfilm nie.”

Ek weet nie van julle nie, maar ek verkies ook die live audience pleks van ’n ietwat onpersoonlike web call met ses gesiggies en die vreemdste agtergronde.

So, ek maak ook maar vir Patience­ Geduld my beste tjommie en wag totdat die reunion voor ’n live au­dience opgeneem kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters