2 maande gelede
Franklin outfits kan klein fortuin inbring
kwaailappies: Sowat 30 van Aretha Franklin se outfits gaan opgeveil word.Foto: getty images  ~ 

MEER as 30 van die Queen of Soul se spoggerige rokke gaan oor ’n paar weke onder die hamer beland.

Volgens Channel24 het Julien’s Auctions aange­kondig van Aretha Franklin se outfits gaan op 9 en 10 November saam met items van ander musiek­ikone van die hand gesit word. Aretha is op 16 Augustus aan kanker dood. Sy was 76. Daar word verwag haar uitrustings gaan elkeen $4 000 (sowat R60 000) inbring.

Benewens haar stem was die sangeres ook baie bekend vir haar legendariese outfits. Selfs toe sy in haar kis gelê het, het sy gewys sy het styl. Vir die drie dat antie Aretha in staatsie gelê het in haar tuisdorp, Detroit, het sy elke dag ’n ander grênd outfit aangehad.

Een van die rokke wat opgeveil gaan word, is die bloedrooi sequins-nommer deur Arnold Scaasi.

Antie Aretha het die rok in 1991 gedra vir haar performance by die Radio City Music Hall in New York.

Nog ’n item wat verkoop gaan word, is die St. John-trui wat sy in 1999 gedra het toe oudpres. Bill Cliton haar vereer het met die National Medal of Arts.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters