15 dae gelede
Fliek oor Kim se roof kom
kim kardashian
Kim Kardashian  ~ Getty Images

ASOF ons nie reeds genoeg van die Kardashians op die TV sien nie, gaan daar nou 'n movie oor een van hulle gemaak word. 

Die movie Fashion Week gaan oor die gewapende roof waarin Kim Kardashian in Parys van miljoene rande se juwele beroof is. 

Die voorval het in Oktober 2016 tydens 'n modeweek in 'n luukse woonstel gebeur. Kim is met 'n vuurwapen gedreig en in die badkamer van die woonstel vasgebind.

11 mense is intussen in verband met die rooftog aangekla. 

Die vermeende ring leader, Aomar Ait Khedache (61), het aan ondersoekers gesê hy het gesukkel om 'n koper te vind vir Kim se 18,88-karaat ring wat sy op Instagram geflaunt het. Kanye West het die ring vir haar gegee.

Ait Khedache sê die ring was te herkenbaar.

Joann Sfar, die skrywer en regisseur, beskryf die movie as 'n "komedie gebasseer op ware gebeure".  - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters