10 dae gelede
Fleur du cap-talent
Rehane AbrahamsFoto’s: peter abrahams  ~ 

REHANE Abrahams het ’n Fleur du Cap-toekenning gewen vir die beste perform­ance in ’n revue, kabaret of eenmens show vir haar rol in die uitmuntende teaterstuk Womb of Fire.

Die invloedryke 54ste Fleur du Caps is Sondagaand in die Kunstekaapteater in Kaapstad aangebied.

Julle ken Rehane dalk as die satanskind Wendy Newman in Arendsvlei (DStv se kykNet & Kie), maar sy is selfs nog indrukwekkender op die planke.

Die briljante Richard September het ’n Fleur du Cap gewen vir die beste byspeler in ’n play, die teaterstuk Swerfgoed.

Die wenners word gekies uit produksies wat in professionele teaters in Kaapstad opgevoer word.

Die briljante Melanie Burke het ook aangekondig dat sy gaan uittree as die voorsitter van die Fleur du Caps.

Melanie gaan haar aansluit by haar man in Spanje en haar doktorsgraad ook voltooi.

Die kategorieë en wenners is:

  • Nancy Se­khokoane (AFDA-filmskool)
  • Marinda Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck (Vlooi en die Musiekfabriek)
  • este nuwe Suid-Afrikaanse draaiboek: Lwanda Sindaphi (Kudu)
  • Lwanda Sindaphi
  • Msizi Njapha (Tsotsi – The Musical)
  • Bethany Dickson (Matilda – The Musical)
  • Die rol­verdeling van Kudu
  • Ryan de Villiers (Matilda – The Musical)
  • Carmen Pretorius (The Sound of Music)
  • Gareth Hewitt­ Williams (The Curious Incident of the Dog in the Night-time)
  • este stelontwerp: Rob Howell­ (Matilda – The Musical)
  • Nicole Holm (Swerfgoed)
  • Beste performance deur ’n hoofaktrise in ’n play:

Anna-Mart van der Merwe (Swerfgoed)

  • Andrew Buckland (Endgame)
  • Sylvaine Strike­ (Endgame)
  • Baxter-teater en Derek Lubner (Endgame)
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters