14 dae gelede
Feodossia reik 1ste single uit
SULKE TYD: Die sangeres Feodossia Charles is opgewonde oor haar eerste single, “Gone”.  ~ Foto Verskaf

“NIKS in die lewe kry my onder nie ...”

Só vertel die sangeres Feodossia Charles van Mithells Plain wat môre haar eerste single uitreik.

Die talentvolle sangeres sing al van kleins af, veral in kleuterskool- en Sondagskooldae.

Sy sê: “My kinders is beslis my dryfkrag en inspirasie. Hulle het my lewe kom verander, want vandag is ek verlos van dwelms en my hart loop oor van dankbaarheid.

“Jy kan ’n sukses van jou lewe maak as jy in jouself glo en hard werk.”

Liefde

Sy vertel trots van haar eerste song.

“Ek is só opgewonde om my eerste single, ‘Gone’, uit te reik, wat vervaardig is deur die talentvolle paartjie Saul City.”

Die single praat daarvan dat jy kan ontslae raak van toxic liefde en jy kan ware liefde in jouself ontdek.

“Die musiek van die local sangeres Lira en Whitney Houston inspireer my baie. Ek sal graag in die musiekbedryf met Lira wil saamwerk.

“Die begeerte van my hart is dat my musiek wêreldwyd bekend raak en daarom is ek bereik om hard te werk.”

Die mooie Feodossia beplan ’n konsert vir later vanjaar.

  • Vir meer inligting, kontak haar by 073 375 1398.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters